Elke winter as die koue so om my lyf
kruip en die alarm jou in die koue donker wakker skree, besef ek maar weereens
ek is ‘n kind van Afrika.
Die koue werk nou een maal NET nie vir
my nie.
My skouers pyn.
My tone word rooi.
My vel verdor.
My lyf pyn.
My hele wese gaan staan en protester teen
die koue.
Ek kan niks doen nie.
Ek sit net op hierdie hopie en hoop om
warm te kry.
Gister oor die nuus hoor ek mos Sandspruit
se plakkers hou ‘n protes-optog. Dit is soo funny, want waar het jy nou al
gesien jy is heel moontlik onwettig in die land, plak op ‘n plek waar nie
voorsiening gemaak is vir jou nie, en dan toi-toi jy nog oor wat ookal?! Ha-ha!
Die boemelaars, o die bedelaars!
Suid-Afrika is mos die reënboognasie en
sowaar, ons boemelaars is ook so kleurryk.
Die outjie in Hatfield wat met sy bord
staan en bedel vir geld vir karate-lesse.
“My wife was taken by Ninjas, I need R10
for karate lessons”. (Ek neem aan ‘n dronk student het hom help skryf!)
Die honger outjie by die sirkel, waar
niemand stop nie en net verby jaag met
sy “Eks dood van die honger”-plakkaat (en dan skryf ek by in my gedagtes – en vrek van die koue!) :)
Die dansende outjie by Menlyn wat sy
hele lyf vol shoe-shine maak, net die oë en lippe is swart, tot die tone is
spierwit! Deesdae is hy seker wit van die ys!
Ander het mos sommer nou horrelpote of
af-rûe ontwikkel, môre is dit weer die ander voet en
as jy lank genoeg vir die L-vormige
outjie kyk, raak sy rug te lam en dan kom hy maar op vir so ‘n rukkie, of stut
hy strategies sy rug met sy arm.
Die wat die wit-waks uit my irriteer is
die wat met hul leepogies heeltyd loop met hul voëltjiebek-vingers en aanmekaaaaar
hand na maag na mond, hand na maag na mond, hand na maag na mond wys en
die wat op hulle knieë staan in die middel
van die pad! sodat jy hom jammer moet kry! Dat een van hulle nog nie raak gery
is nie, is ‘n wonderwerk!
Ai, en dan die ma’s wat langs die strate
staan en hulle babas pêpa. Die arme kind se kop hang so skeef of is heeltemal
ontwater van die hitte of vasgevries deur die koue!
Maar wanneer die koue so diep in jou
been gaan lê en jy kruip in onder jou warm kombers, dan kry jy hulle ook maar
jammer. Jy deel komberse, sop en geld uit, dalk kan die OBS hom vir ‘n nag warm
hou, en so is ek maar weereens dankbaar dat ek ‘n goeie werk het net en in die
drie maande-winter Afrika bly. Ons sal weereens ons deel doen hierdie jaar met
Mandela-dag.
En elke môre as die wekker in die pikdonker-koue
gil, wêêêns ek die son draai nou vinnig, en ek kan nou rêrig nie meer wag vir
die lang lekker somer-maande van sweet en warm kry, die reuk van pas-gesnyde
grasperke en taai, soet waatlemoen en natuurlik
ons somer-boemelaars!