Thursday, 17 February 2011

Bok bok staan styf..


Hou al jou varkies op hok....
Die hormone is wild en wakker in ons huis.
Help!
Sug.
Tieners.

Waar is die dae waar die ma die gemoed van die huis bepaal het? Dis ‘n mite. Die huis se emosies word regeer deur elke tiener se wipplank gemoed elke uur of minuut.
As die liefde hoogty vier, dan het ek stroopblikke, maak tot vir my tee.
Maar, o wee! as daardie hart gebreek word..
Dis nag. Pikgietswart donker nag. Ons huil trane dat die Vaaldam vol word en mamma moet net troos.  Simpel ou!  Ek gaan nooit weer verlief raak nie! (Net tot môre...).
Op en af, op en af.

Die bank-aartappels (coach potatoes) dryf my teen die mure uit.
Sug.
Net mooi alles is moeite.
Net om jou voet van die bank af te haal, wat nog daarvan om jou glas wasbak toe te neem.
Dit is nét te veel moeite.
Dit is sooo frusteernd as hul net daar lêêê!!!
Is jou huiswerk klaar? Ja, Ma..  Het jy jou take al gedoen? Nee Ma..,  Ja.. Ma, ek sal nou-nou.. Julle kan nie net daar lê nie!! Mar ek is moeg Ma..
!@#!$R@#^TR^*!!

En die wurms in die maag..
Daar is net mooi nooit meer ‘n koekie of ‘n lekkertjie oor in die kas nie.
Net leë papiertjies en boksies, net om ‘n ma weereens terleur te stel dat daar NET MOOI NIKS OOR IS NIE!!
Ek het gestrike – ons kan mos oor alles strike in Suid-Afrika. Ek koop niks meer soetgoed nie, want ek kry in elk geval niks nie.
Ons is honger Ma... Hier is ook nooit meer iets in die huis nie..

Ai en die musiek. Iewers tussen al die hormone verloor tieners hulle gehoor en motoriese vaardighede.
Klappende deure, klipharde musiek (van die oggend tot die aand), loop mos so sleepvoetend, of die skooltas hang so.. en dan nog om te dans. Staan mos net so en ruk of wieg rond of moet mekaar regop hou.. die balans is mos nie goed nie..
Vreemd... Baie vreemd..
Baie baie dankbaar my kamer is nie té naby aan hulle nie..

Die voorkoms.
Ons sal ure voor skool sélf opstaan as ons gewone klere kan aantrek (waar ek anders hul uit die bed moet sleep..), net om myself reg te kry.
Hare gestrait, grimmering, klere aan en uit, aan en uit.
En ooo dan die “Entrance”.
Ja, alles pas. Die skoene ook. Die krale? Ja, die bontes lyk beter. Jou hare is reguit, agter ook. Nee, jou “ass” lyk nie groot in die broek nie. Kyk tog dat jou boobs nie uitsteek nie.. en en en..
Bewaar jouself as jy iets nie reg vind nie, van skoen tot haarknippie, want dan begin ons weer van vooraf en dan is ons beslis laat!
Ai, en kan ons onsself in die spieël bewonder nie? Ure.
Ek is tog so pragtig.

Hoe oud is jy? Ek is amper , al het ek gister verjaar.
“Mamma”, jy mOEt let go, ek is al amper 16!”.
Ai, ek kan nie. Sy het dan nog nou die dag haar sagte armpies om my nek gesit en ‘n suikerbek soentjie gegee.
Dis so swaar.
Mamma, ek is ok. Nee, jy kan nie my voor die flieks ‘n drukkie gee nie, die ander ma’s laai hulle kinders net daar af.
En ASSEBLIEF, moet tog NET NIE uitklim by die skool nie. Dis embarrassing.
Ja  Ma, ek weet Ma.  Ma het my al honderd maal gesê.
Ek sal nie alleen badkamers toe gaan nie. Ja, Ma, ons is ‘n groep en Ja Ma, ek sal nie saam met ander mense ry nie.
Ek sal Ma bel as daar ‘n probleem is, ek is ok Ma.
Rêrig Ma.
Ma chillax net.
Asseblief Ma.
Ma begin my irriteer.

En elke aand bid Ma maar haar kniegies deur dat die engele my wyse tieners sal bewaar, en hoop met haar hele hart dat haar kinders teen die aanslae sterk sal staan, en hopelik as normale groot mense sal ontwikkel.

Tough cookies Ma, ek word groot.
Adapt or die.
Ma, ek is lief vir Ma.
Ma is nie altyd so bad nie..

En die ma se hart smelt al weer. Die vyand is weer goed.. (enjoy the moment).